Soorte resepte:

Resep-video: Vrolike witsjokoladeblokkies

Vrolike witsjokoladeblokkies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Of jy op die lang pad met vakansie is en of jy sommer net ʼn heerlike koppie tee by die huis geniet, sal hierdie koekies oud en jonk weer opgewonde maak vir die volgende blokkie of twee.  

Bestanddele

  • 200 g witsjokolade
  • 165 g botter
  • 200 g strooisuiker
  • 3 groot eiers
  • 2 t vanieljegeursel
  • 1 k koekmeel
  • ʼn knippie sout
  • 1 pak Jolly Jammer-koekies (100 g in stukkies gebreek, hou die res eenkant om bo-op te pak)

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C.
  2. Voer ʼn vierkantige bakpan met bakpapier uit.
  3. Smelt die sjokolade en botter in ʼn hittebestande bak in die mikrogolf. Sodra dit gesmelt is, laat dit vir sowat 5 minute afkoel.
  4. Voeg die suiker by die gesmelte sjokolademengsel en roer tot goed ingewerk.
  5. Voeg die eiers by en meng alles goed.
  6. Voeg die vanielje-ekstrak, meel en sout by en meng weer.
  7. Vou die gebreekte stukkies Jolly Jammer-koekies by die mengsel in en gooi die beslag in die voorbereide pan.
  8. Pak die res van die Jolly Jammer-koekies bo-op die beslag.
  9. Bak vir sowat 30 minute.
  10. Laat dit heeltemal in die pan afkoel en keer dit dan uit om in blokke te sny.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.