Soorte resepte:

Resep: Vlaskywe

Foto ter illustrasie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Vergeet van ’n besoek aan die tuisnywerheid, maak sommer jou eie vlaskywe.

Lewer 18 porsies

Bestanddele

Koekielaag

  • 1 pakkie (200 g) Cream Crackers
  • Clover Mooirivier-botter om mee te smeer

Vla

  • 1 liter Clover-volroommelk
  • 1 x 385 g-blik Clover­kondensmelk
  • 4 e (60 ml) Clover Farmstyle-botter
  • ½ k (125 ml) koekmeel
    6 e en 1 t (95 ml) mielieblom
  • 3 e (45 ml) vlapoeier
  • 1 ml sout
  • 4 eiers, geskei
  • 1 k (250 ml) Clover-room
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel

Bolaag

  • 2 k (500 ml) versiersuiker, gesif
  • 2 e (30 ml) warm water

Metode

Koekielaag

  1. Smeer ’n tertbak van ongeveer 30 cm x 22 cm met botter.
  2. Pak die Cream Crackers sodat die halveringslyne van die kraakbeskuitjies almal in dieselfde rigting lê.

Vla

  1. Verhit die melk en kondensmelk saam in ’n kastrol. Roer van tyd tot tyd.
  2. Roer die botter by die melkmengsel.
  3. Roer die koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout saam in ’n mengbak.
  4. Roer die eiergele by die room tot gemeng. Roer die meelmengsel by die roommengsel totdat dit ’n gladde vlamengsel vorm.
  5. Roer die vlamengsel stadig by die warm melkmengsel in die kastrol terwyl jy steeds aanhoudend roer.
  6. Laat prut vir 2 tot 3 minute. Verwyder van die stoofplaat.
  7. Roer die vanieljegeursel by die vlamengsel.
  8. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou by die vlamengsel in.
  9. Skep die vlamengsel versigtig oor die koekies. Smeer dit gelyk bo-op.
  10. Pak die boonste kraakbeskuitjies so dat die halveringslyne in dieselfde rigting wys.
  11. Laat die vlaskywe eers buite die yskas afkoel en plaas dan in die yskas om te verkoel.

Bolaag

  1. Meng die versiersuiker en water tot ’n gladde pasta en smeer bo-oor die vlaskywe. Sny in skywe en bedien.

Bron: Teepartytjie
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.