Soorte resepte:

[Resep] Vlaskywe

Vlaskywe. Foto: Wenresepte 2

Vlaskywe. Foto: Wenresepte 2

Dis geen goor werk om hierdie heerlike vlaskywe te maak nie. Jy kook gou ’n vlavulsel en gebruik doodgewone kraakbeskuitjies as kors. Die resep kom van mev. Adelaide Truter van Bellville. Dit is een van die gewildste resepte wat vroeër jare in Huisgenoot verskyn het.

Lewer 30 vlaskywe

Bestanddele:

  • 1 pak (200 g) Cream Cracker-beskuitjies
  • 1 liter melk
  • 200 g (250 mℓ) suiker
  • 50 g (60 mℓ) botter of margarien
  • 60 g (125 mℓ) gesifte koekmeelblom
  • 50 g (100 mℓ) mielieblom
  • 10 mℓ vlapoeier
  • 2 mℓ sout
  • 100 mℓ koue water
  • 3 eiers, geskei
  • 5 mℓ vanieljegeursel
  • 250 g (500 mℓ)
  • versiersuiker, gesif
  • sowat 40 mℓ kookwater

Metode:

  1. Smeer ’n vlak glasbak van 35 x 25 x 5 cm.
  2. Pak 15 van die kraakbeskuitjies in rye van 5 x 3 op die boom van die bak en sorg dat die halveringslyne van die beskuitjies almal in dieselfde rigting lê.
  3. Verhit die melk in ’n groot kastrol tot kookpunt.
  4. Voeg die suiker en botter of margarien by en roer tot gesmelt. Haal dit van die stoof af.
  5. Meng die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier, sout en koue water deeglik.
  6. Voeg die eiergele by en klits goed.
  7. Klits van die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel.
  8. Giet dit terug in die kastrol by die res van die melk. Roer aanhoudend oor lae hitte en kook sowat 5 minute lank tot dik. Haal van die stoof af en roer die geursel by.
  9. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm.
  10. Vou die eierwitte liggies met ’n metaallepel in die vlamengsel in.
  11. Giet die warm vla oor die beskuitjies in die bak.
  12. Bedek die vIa met nog 15 beskuitjies in rye van 5 x 3 en sorg dat die halveringslyne in dieselfde rigting is as die onderste laag s’n.
  13. Laat die vlavulsel afkoel en plaas dit in die yskas om heeltemal koud te word.
  14. Meng die versiersuiker en kookwater tot ’n smeerbare versiersel.
  15. Giet dit stadig oor die kraakbeskuitjies en smeer dit ewe dik.
  16. Hou dit in die yskas tot benodig.
  17. Sny die vlaskywe so groot soos halwe kraakbeskuitjies wanneer jy hulle opdien.

Bron: Wenresepte 2

Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martie Boshoff ·

Ek maak hier die resep vir baie jare met groot sukses – altyd net lékker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.