Soorte resepte:

Resep: Vrugteballetjie-nagereg vir warm dae

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Carel Breytenbach het 25 jaar lank as landboukonsultant agter die Soutpansberg gewerk en gereeld vrugte by sy boerekliënte present gekry. Vandaar het dié resep ontwikkel.

“Ek het nie altyd geweet wat om daarmee te doen nie. Op ’n dag besluit ek toe om ’n vrugteslaai met ’n bietjie skop vir ons Bybelstudiegroep te maak. Wat ’n treffer was dit nie gewees nie!

“Dié vrugteballetjies is nou op somerdae ’n familie-instelling by ons,” sê hy.

Bestanddele

  • 1 mediumgrootte waatlemoen, mooi ryp
  • 1 geel spanspek
  • 1 wit spanspek
  • 250 g wit druiwe
  • 250 g swart of rooi druiwe
  • 250 g lietsjies, vars indien moontlik
  • 500 ml Old Brown-sjerrie
  • vars room of vanieljeroomys vir opdiening

Metode

  1. Skep die hele waatlemoenkroon met ’n balletjieskepper in ’n groot plastiekbak wat goed verseël en groot genoeg is vir die res van die vrugte.
  2. Doen dieselfde met die spanspekke. Voeg nou die druiwekorrels en gedopte lietsjies by. Moenie meng nie.
  3. Giet die sjerrie egalig oor die bak by. Sit die deksel op en laat in yskas vir 12-24 uur. Draai die bak elke twee uur om op sy deksel sodat al die souse kan deurloop vir ’n minuut of twee, draai terug op sy boom en plaas terug in die yskas.
  4. Dien op met roomys of vars room.

Het jy ‘n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos10 ·

Dit lyk lekker, maar daar is net een probleem, die vrugte en sherrie is tans onbekombaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.