Wanneer laas het jy wafels gemaak?
6 porsies
Bestanddele
- 100 g Clover Mooi River-botter
- 500 ml (2 k) koekmeel
- knippie koeksoda
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 10 ml (2 t) strooisuiker
- 2,5 ml (½ t) sout
- 2 ekstragroot eiers
- 500 ml (2 k) Clover Amasi
- ekstra Clover-volroommelk indien te dik
OPDIENING
- 250 ml (1 k) Clover- vars room
- heuning of gouestroop
Metode
- Smelt die botter en hou eenkant tot benodig
- Meng die koekmeel, koeksoda, bakpoeier, sout en suiker in ’n mengbak en maak ʼn holte in die middel.
- Skei die eiers. Klits die eiergele en Amasi saam en roer die gesmelte botter by. Voeg die mengsel by die droë bestanddele en roer tot gemeng.
- Klits die eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit by die beslag in tot gemeng. Voeg ’n bietjie melk by indien die beslag te dik is.
- Verhit ʼn wafelpan tot warm. Skep die wafelpan net tweederdes vol met beslag, anders gaan dit uitbak.
- Bak vir 2 tot 3 minute of tot liggoudbruin
OPDIENING
- Klits die room tot styf. Sit die wafels saam met room en heuning of gouestroop voor.
Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa