Soorte resepte:

Resep: Yskastert met malvalekkers en jogurt

Yskastert met malvalekkers en jogurt (Foto: Verskaf)

Maroela Media-leser Alexander du Randt sê hy het hierdie resep saam met sy ma ontdek toe hulle per ongeluk ʼn bak jogurt met malvalekkers gemeng het.

“Vandaar het ons die resep verder afgerond tot wat ons vandag ‘Die Sondagmiddagtert’ noem.”

Bestanddele

  • Tennis-beskuitjies, fyngemaak
  • 5 e botter, gesmelt
  • 1 kg aarbei-jogurt
  • 750g malvalekkers
  • 1 pakkie rooi jellie
  • vars room
  • vars gehalveerde aarbeie vir versiering

Metode

  1. Meng fyngemaakte Tennis-beskuitjies met die botter om die kors te vorm. Druk beskuitjies vas in die bak.
  2. Meng jogurt en malvalekkers en mikrogolf op hoog vir ongeveer 20 min tot die mengsel glad is.
  3. Giet mengsel in bak en laat afkoel. Verkoel in yskas vir sowat 2 uur.
  4. Maak die jellie aan en gooi ’n lagie oor afgekoelde tert. Verkoel weer in yskas vir nog ongeveer 3 ure.
  5. Sny tert in blokkies en skep varsgeklopte room op elke individuele blokkie. Bedien met aarbeie.

Het jy ’n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Hierdie prentjie van die tert lyk beslis nie soos wat die resep aandui nie. Waar is die jellie en aarbeie?

smith ·

Ek het ook nogals terug gegaan na prentjie en gewonder daaroor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.