Ystervarkies laat mens nooit in die steek nie en is ʼn perfekte peuselhappie vir die komende naweek.
Lewer 16 ystervarkies
Bestanddele:
Koek
- 4 eiers
- 5 ml vanieljegeursel
- 250 ml strooisuiker
- 500 ml bruismeel, gesif
- knippie sout
- 250 ml water
- 125 ml olie
Sous
- 500 ml versiersuiker
- 80 ml kakao
- 125 ml melk
- 30 ml botter
- 500-750 ml klapper
Metode:
Koek
- Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n reghoekige 3-liter oondvaste bak.
- Klits die eiers saam met die vanieljegeursel tot skuimerig. Voeg die strooisuiker stadig by, terwyl jy die mengsel aanhoudend klits tot romerig.
- Klits die bruismeel en sout by. Meng die water en olie en vou dit in.
- Giet die beslag in die voorbereide bak en bak die koek vir 30 minute.
- Verwyder uit die oond en laat dit afkoel voordat jy dit in vierkante of reghoeke sny.
Sous
- Sif die versiersuiker en kakao saam.
- Verhit die melk en botter saam totdat die botter gesmelt het.
- Voeg die melkmengsel by die versiersuikermengsel en roer tot glad.
- Doop die stukkies koek in die sous en rol dit in die klapper. Skud die oortollige klapper liggies af.
Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Soet en sout deur Margie van Tonder
Lyk heerlik