Soorte resepte:

Suikervrye meringue

suikervrye-meringue

Foto: Verskaf.

‘n Heerlik skuldvrye nagereg vir Kersfees.

Bestanddele:

  • 3 groot eierwitte
  • 250 g xylitol
  • 20 g mielieblom
  • 5 ml suurlemoensap

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 150 °C.
  2. Klop die eierwitte totdat dit sagte punte vorm.
  3. Voeg driekwart van die xylitol geleidelik by en klop die beslag ná elke byvoeging.
  4. Vou die mielieblom, die res van die xylitol en suurlemoensap bymekaar en meng goed.
  5. Voer ʼn skinkbord met waspapier uit en maak drie sirkels van die meringue-beslag.
  6. Bak vir 20 minute.
  7. Verwyder uit die oond en laat dit afkoel en verhard vir 24-uur.

Bron:

Die resep is verskaf deur Althea Nel, ‘n voedselwetenskaplike verbonde aan die Koa Culinary Studio in Pretoria. Lees ook haar rubriek oor Kersetes.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

joa ·

Xylitol is die versoeter. Jy gebruik dit ipv suiker. Verkrygbaar by meeste ketting winkels.

joa ·

Aan Maroela Media,

Ek wil net graag weet hoekom kan die resepte nie uitgedruk word nie?

Adéle Changuion ·

Dagsê Joa,

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.
Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Adéle
nms Maroela Media

Theresa B ·

Dankie vir jou vraag Joa. Ek het ook al gewonder en is erg gefrustreerd. Jy kan niks meer print nie.

Joa ·

Baie dankie Maroela Media. Dis wonderlik om die resepte weer te kan druk. Ek waardeer u hulp baie.
Groete,

Anne ·

Baie dankie vir die merigue sonder suiker my man is n diabeet nou kan jy ook n lekker nagereg eet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.