Veganiste kan solank lippe aflek vir Cadbury-sjokolade

Die eienaargroep van Cadbury-sjokolade, Mondelēz, het die wêreldwye tendens na meer plantgebaseerde kossoorte gevolg en ontwikkel tans ʼn veganistiese sjokolade vir dié bekende handelsmerk.

Volgens The Telegraph het Mondelēz reeds twee jaar gelede begin met die proses om ʼn veganistiese Cadbury-sjokolade te maak, maar dit duur lank weens hul hoë standaarde.

Hulle sou aanvanklik in Januarie vanjaar dié sjokolade bekendgestel het, maar was nie tevrede met die gehalte nie en het dit daarom teruggehou.

Volgens The Telegraph het Mondelēz se Amerikaanse woordvoerder gesê hulle het besluit om ʼn plantgebaseerde Cadbury-sjokolade te vervaardig omdat hulle voortdurend na hul klante luister sodat hulle kan ontwikkel en mense ʼn groter verskeidenheid bied.

Dit is die eerste keer in die 196 jaar lange bestaan van Cadbury dat die kenmerkende suiwelmelk, soos ook op hul verpakking te sien, nie in hul sjokolade gebruik sal word nie.

Hierdie sjokolade sal na berigte nie slegs vir veganiste gepas wees nie, maar ook vir mense met neut-allergieë.

Hoewel die naam van dié sjokolade nog nie bekend is nie, sal dit waarskynlik binnekort op die rakke beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kallie Kraamkettie

Ek wonder of Vegans aan oorbewyding dink as niemand vleis gaan eet nie?

johan

Ja die vegans moet aub net hulle menlike afval in hulle tuine stort om die wanbalans wat hulle in die natuur veroorsaak reg te hou.

Anel

Wonder of dit ook die halaal teken gaan op kry. Want alles het deesdae daai teken op. By ‘n winkel is daar die anderdag ‘n promosie van een of ander sjokolade. Hulle bied my aan en ek vra toe of dit halaal is. Sowaar die teken is op die pakkie. Ek sê toe nee dankie, ek eet nie halaal kos nie. Dis nie lekker nie. Hulle het nie geweet wat om te sê nie. Maar gaan kyk masr hoeveel produkte het daai teken op.

Chantelle

blerrie oulik

MammaVan Mayville

Grootste geld maak storie vir die dekade