Soorte resepte:

[Video] Hap saam met Lochner: Christine se mascarpone-poeding

Lochner de Kock (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Maklike gooi-alles-in-een-bak-en-roer resep wat jou soettand sal bevredig.

Bestanddele:

  • 1 medium bak volroom Griekse jogurt
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 bakkie mascarpone
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • gekapte kasjoeneute
  • druiwe

Metode:

  1. Meng jogurt en kondensmelk in bak en roer.
  2. Voeg mascarpone by en meng weer.
  3. Meng suurlemoensap, suurlemoenskil en neute by.
  4. Voeg nou druiwe by en meng weer versigtig.
  5. Bedien in ʼn glas of glasbakkie. Rasper suurlemoenskil bo-oor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.