Soorte resepte:

Sóveel kilojoules in jou gunsteling-sjokolade

Bar One (Foto: Pixabay)

Die kilojoules in kos, en veral in ons gunsteling-sjokolade, is iets waarop ons nie bedag is nie of oor omgee nie, maar tog is dit die moeite werd om ingelig te wees oor sjokolade en peuselhappies wat dalk meer (of minder!) kilojoules bevat as wat jy gedink het.

Kilojoules is ʼn eenheid waarin energie gemeet word. Wanneer dit by ʼn dieet kom word daar gewoonlik daarna verwys as die hoeveelheid energie wat ingeneem word (deur wat ons eet en drink) en die hoeveelheid wat uitgesit of verbrand word (deur oefeninge of daaglikse beweging).

In Suid-Afrika word daar na as kilojoules (kJ) in plaas van kalorieë (kcal), soos in Amerika, verwys.

Die basiese reël is 1kcal = 4,2 kJ. Vir ʼn regverdige vergelyking het ons gekyk na kilojoules per 100 g en nie per porsie grootte nie, so hou in gedagte dat die massa van die sjokolade die kilojoules per porsie kan beïnvloed.

Snacker (Foto: Cadbury)

Snacker: 1820 kJ

Nosh: 1888 kJ

Junglebar (bessies): 1890 kJ

Junglebar (neute): 1920 kJ

Niki: 1932 kJ

Bar One: 1938 kJ

Smarties: 1957 kJ

Crunchie: 1960 kJ

Snickers: 2018 kJ

Astro’s: 2075 kJ

Kit Kat (Foto: Pixasbay)

Lunch Bar: 2095 kJ

5 Star: 2098 kJ

Tex: 2125 kJ

Wonderbar (melksjokolade): 2155 kJ

Junglebar (grondboontjiebotter): 2170 kJ

KitKat: 2172 kJ

TV Bar (melksjokolade): 2285 kJ

TV Bar (witsjokolade): 2291 kJ

Jelly Babies (Foto: Pixabay)

Ander peuselhappies:

Wine Gums: 1130 kJ

Jelly Babies: 1164 kJ

Frito’s (tamatie): 1982 kJ

Doritos (kaas): 2014 kJ

Big Corn Bites (“BBQ”): 2078 kJ

Nik Naks (kaas): 2198 kJ

Simba Chips (“Smoked Beef”): 2203 kJ

Lay’s (“Salted”): 2240 kJ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Erica Roos

Daai kj gaan my nou nie afsit om my favourite winegums te eet nie ek is nie eintlik ‘n chocolate fan nie

Carel

Wie kyk nog na kilojoules? Dis die carbs wat saak maak.

Marinda

Regtig, wie gee nou om vir die paar Kj. As ek ñ sjokolade wil eet of my gunsteling Winegums of jellytots, sal ek dit eet. Geen berig oor Kj gaan my deter nie.

Die lekker vet lewe

Die enigste gesonde dieet wat werk en volhoubaar is, is ‘n eetprogram wat alle voedselgroepe insluit, ook gesonde komplekse koolhidrate. As jy boonop gewig wil verloor op so ‘n dieetprogram moet jy porsie en kilojoule beheer toepas, met ander woorde eet minder om gewig te verloor en eet oorwegend reg en gesond om jou gewig te behou. Dit is so jammer en ontstellend om soveel oorgewig mense in die winkels te sien, sommige is erg oorgewig. Sommiges is nog redelik jonk ook maar hulle sukkel al om te loop en te beweeg weens die oortollige baie vet. Dan is die… Lees meer »

ek sê maar

Ek lief my choccies. Ek eet een en “straf” myself om dan 2 keer vinnig om ons plot te stap (eenkeer is 1,2 km). Ek is heeltemal in my gewigsgrens en glo nie, en het nog nooit in my lewe gedieet nie. Dis sommer klomp bollie, low carb, mayo dieet druiwe dieet, die en daai, ad nauseum …bollie man. Ek is al 63 en ek is fine en geniet lekker eet en my choccies daarby. Ek kry genoeg oefening elke liewe dag so…