Soorte resepte:

Splinternuwe reeks mayonnaise op die rak

Foto: Adel Ferreira Photography

Deur Heleen Meyer

Suid-Afrikaners is dol oor mayonnaise en daar is soveel maniere waarop ons dit in ons etes gebruik. Van hoendermayonnaise-toebroodjies tot slaaisouse, marinades, natuurlik aartappelslaai en nog vele meer. Westfalia Fruit Products het ’n splinternuwe reeks mayonnaise op die rak – heerlike romerig en propvol gesonde olies.

Nuwe lid van die familie

Westfalia, dié avokado-eksperts, is reeds bekend vir die gehalte avokado-produkte wat hulle vervaardig. Behalwe vir die produksie van vars avokado’s, is hulle ook baie trots op die reeks Westfalia Avokado-olies en Guacamoles in hul stal. En nou is die mayonnaise-reeks ’n nuwe lid van die familie.

Daar is twee soorte Westfalia-mayonnaise beskikbaar – een word van avokado- en die ander van makadamia-olie vervaardig. Beide hierdie olies is bekend vir hul gesondheidseienskappe, danksy die hoë inhoud van mono-onversadigde vette (die gesonde vetsure wat ons moet inneem). Die goeie nuus is dat jy dit nou ook in die vorm van mayonnaise kan geniet.

Meer as net nog ’n mayo

Wat die reeks nog meer opwindend maak, is die wye keuse wat jy het. Kies tussen die Westfalia Avocado Oil Mayonnaise of Avocado Oil Mayonnaise Lite. Of dan Westfalia Macadamia Oil Mayonnaise of Macadamia Oil Mayonnaise Lite. Al vier mayo’s in die reeks is heerlik glad met ’n ekstra romerige smaak. Net 100 % avokado- en makadamia-olies word saam met eiergele van vryloop-hoenders gebruik om dié smullekker kosbykomstigheid te vervaardig.

Foto: Adel Ferreira Photography

Kikker enige ete op

Gebruik die mayonnaise om gesonde olies op interessante maniere deel van jou gesin se etes te maak. Dis heerlik op ’n gebakte aartappel of smeer dit op ’n wrap, enige toebroodjie of hamburger en gebruik dit as doopsousie vir groenterepies in ’n kosblik of vir ’n piekniek. Geur ’n paar lepelsvol van die mayonnaise met ’n bietjie varsgekapte kruie, dalk ’n knippie kerriepoeier of ’n teelepel of twee korrelmosterd vir ’n vinnige doopsous. Of verdun die gegeurde mayo effens met melk vir ’n gesonde slaaisous. Het jy al patatwiggies in die skil, met enige van Westfalia se avokado-olies in die oond gerooster tot goudbruin en dit met blopsies Westfalia Mayonnaise geëet? Hemels! Onthou om ’n oopgemaakte bottel mayonnaise in die yskas te bêre.

Die mayonnaise is nog ’n trots Suid-Afrikaanse produk van Westfalia Fruit Products en is by uitgesoekte supermarkte beskikbaar. Dis geskik vir vegetariërs en dra ook Halaal-goedkeuring.

Volg gerus die #AVOEXPERTS op sosiale media vir die nuutste nuus oor al hul produkte en kreatiewe maniere om die Westfalia Avokado-olies, Guacamole en Mayonnaise te gebruik.

Facebook: Westfalia Fruit
Instagram: @avoexperts
Pinterest: Westfalia Fruit

Kontak Westfalia Fruit Products direk vir meer inligting:
Skakel 087 700 4436 of stuur ’n e-pos na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.