Soorte resepte:

Splinternuwe wynreeks baat moedertaalonderrig

Waarop klink jy en jou mense graag ʼn glasie? Is dit dalk ʼn bevordering by die werk, ʼn kind wat sy of haar lewensmaat vind of daardie huisie by die see wat uiteindelik joune is? Hoe dit ook al sy, wyn gaan nou maar eenmaal nog altyd gepaard met feesvieringe. Te danke aan Dis MOS Wyn kan die glasies wat jy klink nou nie net oor ʼn goeie doel gaan nie, maar ook vír een!

Dis MOS Wyn is ʼn trotse produk van Die MOS-Inisiatief, ʼn Afrikaanse skolenetwerk wat gehalte moedertaalonderrig in Afrikaans verseker en uitbou. Binne slegs vyf jaar spog dié skolegroep reeds met meer as tien fisiese skole sowel as ʼn wêreldwye aanlyn tuisskool. Met hul eg Suid-Afrikaanse (én Afrikaanse!) wynreeks, kan jy Die MOS Beursfonds ondersteun en sodoende ʼn bydrae lewer om kwaliteit Afrikaanse onderrig vir meer sprekers moontlik te maak.

Ware Jakob Versnit 2021

R190,00
Hierdie wyn is meer as net ʼn versnit. Ons beskou dit as “Die Ware Jakob”.

Wat maak hierdie wyn uniek? Die samestelling van hierdie versnit is deur die Fibonacci-reeks geïnspireer deur die verhouding van kultivars dienooreenkomstig met presisie op te maak: 55% cabernet franc, 21% merlot, 13% cabernet sauvignon, 8% petit verdot en 3% malbec. Die perfekte balans vir die perfekte glasie!

Smaak: Sagte, goedgeronde tannine wat die geure van die druiwe komplimenteer.

Geniet saam met: ʼn Lekker beesstert of bredie. Jakob is ook heerlik saam met goeie kwaliteit donker sjokolade.   

Slegs ʼn beperkte aantal bottels is beskikbaar. Klik hier om joune te koop en teleurstelling te voorkom.

Geen Haas Chenin Blanc 2022

R115,00
Hierdie wyn is sonder enige haas gekultiveer en moet sonder haas geniet word.

Wat maak hierdie wyn uniek: Die Geen Haas Chenin Blanc is die resultaat van ʼn klein oes uitsoekdruiwe uit ʼn ou wingerd. Die wingerd is in die Bovleiwyk in die Wellington-streek geleë. Die area, voorheen bekend as Wamakersvallei, dra al meer as 300 jaar by tot die taal- en wyngeskiedenis.

Smaak: Die perfekte balans tussen gebied en kultivar lewer ʼn wyn met ondertone van gedroogde appels en gekaramelliseerde toffie. Smaak sluit in heuning- en amandelgeure, eie aan tydsame veroudering in Franse eiekhoutvate. Die hout dra sagkens by tot die mondvoel-effek, sonder om die natuurlike smake van die wyn te oorheers.

Geniet saam met: Romerige hoender- of varkgeregte of ryk seekosdisse (veral wit krapvleis en kreef)

Vind die perfekte resep vir jou bottel wyn op ons  .

Geen Haas Pinotage 2022

R115,00
ʼn Klassieke wyn waarmee jy nie verkeerd kan gaan nie.

Wat maak hierdie wyn uniek Hierdie pinotage is vroeg geoes om die koel oggendklimaat tot voordeel van die wynmaakproses te gebruik. Oggendoeste gee ʼn unieke varsheid en asiditeit aan die wyn wat maklik verlore kon gaan terwyl die dagtemperature in die Wellington-vallei styg. Intense trosseleksie verseker dat net die mees geskikte druiwe gebruik word om hierdie klassieke pinotage beskikbaar te stel.

Smaak: Verwag klassieke geure van rooi kersies, brame en sjokolade.

Geniet saam met: Bedien die wyn saam met braaivleis, bredies of sjokoladebruintjies (brownies) in goeie geselskap (al is dit jou eie).

Dis nie net sommer enige wyn nie … Het jy geweet Dis MOS Wyn word gekultiveer deur internasionaal bekroonde wynmaker, James Mckenzie? Nóg meer rede om hierdie wyne te ondersteun.

Alle winste uit verkope gaan aan die MOS Beursfonds wat gehalte Afrikaanse onderrig vir leerders van alle agtergronde moontlik maak. Besoek gerus Die MOS-Inisiatief se webtuiste om meer te leer oor hul skole of klik hier om jou bottel wyn te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.