Soorte resepte:

Spog met ʼn Maroela-kookboek op jou rak

Maroela se ‘Aptyt’-resepteboek is beskikbaar in ons Koöperasie

Jy kook en bak al 10 jaar lank saam met ons, en nou is ʼn keur van dié resepte in ʼn boekformaat beskikbaar.

Soos Susan Lombaard, Maroela Media se uitvoerende hoof sê: “As jy Afrikaans is, is jou nostalgiese herinneringe aan familietye altyd deurweef met die geure en smake van kos wat met hierdie spesiale tye voorgesit is.”

As deel van ons 10 jaar-verjaardagvieringe, maak ons graag ons egte Maroela-resepte in boekformaat beskikbaar. Ons boek se naam is Aptyt, want dit is resepte vir enige tyd.

Kom smul saam tydens Opstaantyd, Teetyd, Snoeptyd, Partytjietyd en met Braaityd. Van ʼn eierbroodjie-met-ʼn-kinkel en boeretroos-koekies tot biltong-en-kaasbolletjies, springmielie-stokkielekkers en ʼn fênsie braaibroodjie om jou vriende met die volgende huisbraai mee te beïndruk. Daar is tot selfs ʼn paar wenke vir jou volgende braai.

Jy kan vir jouself ʼn gratis aanlyn eksemplaar hier aflaai, of koop jou eie kopie nou in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, vir slegs R99! Klik hier om die boek te koop.

Dis mos lekker, Maroela!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frieda ·

My sel no word nie aanvaar :( aangesien ek in Nederland woon.

Janice du Plessis ·

Dagsê Frieda
Dankie vir jou boodskap. Ons is jammer vir die ongerief! Ons stuur vir jou ‘n e-pos.
Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.