Soorte resepte:

Tradisioneel Engelse gereg vir Vicky Davis

In die derde episode van Martelize se stamtafel kuier die sepiester Vicky Davis saam met Martelize. Hulle gesels oor Vicky se Engelse herkoms, kuier in die kombuis en langs die vuur, en maak Yorkshire-poeding en steak-en-niertjiepastei.

Martelize Brink se Yorkshire-poeding. (Foto: Verskaf)

Maak Martelize se Yorkshire-poeding só:

Bestanddele

  • 1 k meel
  • 1 k melk
  • 3 ekstragroot eiers
  • ½ t sout
  • 3 e botter of olie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 °C.
  2. Klits al die bestanddele behalwe die botter saam tot goed gemeng.
  3. Plaas ʼn muffinpan met ʼn klontjie botter in elke holte in die warm oond vir 10 minute.
  4. Jy behoort so 10 Yorkshire-poedings te maak met die beslag.
  5. Verwyder die warm muffinpan versigtig uit die oond (maak die oonddeur toe).
  6. Giet die beslag in die muffinpan met so 1 tot 2 cm spasie aan die bokant van elke holte.
  7. Bak vir 10 tot 15 minute tot goudbruin.

Het jy geweet? Die van “Davis” is ʼn Bybelse naam wat “die seun van David” beteken, en word verbind met Wallis – van daar het dit versprei na Engeland, Europa, Amerika en natuurlik Suid-Afrika.

Martelize se stamtafel word Woensdag om 17:00 op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kiewiet ·

Dit lyk vrek lekker maar is dit al is daar geen vulsels betrokke nie?????

ZellaQ ·

Ek sien die vulsel kan van soet tot sout wees. einige iets van oggend ete tot aand ete kan bedien word saam hierdie… Op google staan daar dat dit met melk of water gemaak kan word, melk maak dit soeter waar water dit “crispier”maak.. Sal dit probeer maak en caramel gemeng met room vulsel gebruik of roomkaas met spruit uie..

Fronsie ·

My ma (oorspronlik van Engeland) maak dit gereeld saam met ‘n “Sunday Roast” – jy vul hom met “Gravy”!! Heerlik! My dogtertjie vrek daaroor!
Die beste manier om dit te maak is met olie, nie botter nie, wat jy vooraf verhit in die oond tot kokend! hoe warmer hoe beter! Dan rys hy lekker!!

Daleen ·

Yorkshire poeding is tradisioneel (Engelse) ‘n bygereg wat saam met sondag “roast” vleis, gebraaide aartappels, groente en sous bedien word. So geen vulsel nie.

Tanya ·

So ipv rys, bedien jy dan die yorkshire poeding, as ek reg is. Dis soos deel vandie stysel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.