Soorte resepte:

Resep: Botterskorsiesop

Foto net ter illustrasie. (Foto: Monika Grabkowska/Unsplash)

ʼn Heerlik warm botterskorsiesop vir dié week se koue wintersaande.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • genoeg Clover Mooi River-botter
  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
  • 1,5 kg botterskorsies, in blokkies gesny
  • 2 groen appels, geskil en ontpit
  • 7,5 ml (1 ½ t) matige kerriepoeier
  • 2,5 ml (½ t) borrie
  • 500 ml (2 k) hoenderaftreksel
  • 250 ml (1 k) Clover Krush-appelsap
  • knippie rooipeper
  • knippie sout
  • 250 ml (1 k) Clover- vars room
  • 125 ml (½ k) Clover-volroommelk

Metode

  1. Verhit die botter en soteer die ui en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg die botterskorsie, appels, kerrie en borrie by. Soteer ʼn bietjie.
  3. Giet die aftreksel, appelsap, rooipeper en sout by. Plaas deksel op en laat prut vir 60 minute oor lae hitte.
  4. Verpulp die sop bietjies op ʼn slag tot glad. Giet terug in die kastrol en verhit dit weer tot kookpunt. Voeg die room en melk by. Laat prut vir nog 5 minute oor lae hitte.
  5. Sit die sop warm voor.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.