Soorte resepte:

Resep: Caesar-slaai-wraps

Caesar-slaai-wraps (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike, vinnige en gesonde middagete.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 16 klein Cos-slaaiblare, in happiegrootte stukkies geskeur
  • 60 ml gekapte rooi ui
  • 30 ml gerasperde Parmesaankaas
  • 60 ml Caesar-slaaisous
  • 4 hardgekookte eiers, in skywe gesny
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 wraps

Metode

  1. Meng die slaaiblare, ui, kaas en slaaisous in ʼn bak.
  2. Skep die slaaimengsel in die middel van elke wrap.
  3. Plaas die eier en tamaties bo-op. Geur na smaak.
  4. Draai styf toe en sit dadelik voor. Steek vas met tandestokkie indien nodig.

Bron: Lekker & Vinnig: Lekker wraps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae