ʼn Heerlike, vinnige en gesonde middagete.
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 16 klein Cos-slaaiblare, in happiegrootte stukkies geskeur
- 60 ml gekapte rooi ui
- 30 ml gerasperde Parmesaankaas
- 60 ml Caesar-slaaisous
- 4 hardgekookte eiers, in skywe gesny
- 2 tamaties, in skywe gesny
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 4 wraps
Metode
- Meng die slaaiblare, ui, kaas en slaaisous in ʼn bak.
- Skep die slaaimengsel in die middel van elke wrap.
- Plaas die eier en tamaties bo-op. Geur na smaak.
- Draai styf toe en sit dadelik voor. Steek vas met tandestokkie indien nodig.
Bron: Lekker & Vinnig: Lekker wraps
Uitgewer: Lapa