Resep: Dubbel sampioen-omelette

Dubbel sampioen-omelette (Foto: The South African Mushroom Association)

Hierdie maklike vegetariese maaltyd is heerlik as ontbyt óf aandete.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 500 g sampioene
  • 1 salotte, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 bos aspersies, gekap
  • ½ k vars ertjies
  • 8 ekstragroot eiers
  • 4 e botter
  • 100 g fetakaas
  • ½ suurlemoen
  • mikrokruie vir opdiening
  • sout en peper na smaak
  • olyfolie

Metode

  1. Verhit olie in ʼn groot pan oor medium hitte. Braai sampioene tot goudbruin. Skep ʼn groot lepel sampioene uit die pan en hou eenkant vir later se gebruik.
  2. Meng salotte en knoffel by die oorblywende sampioene en braai vir 1 minuut. Voeg aspersies by en braai vir 1-2 minute. Roer ertjies by tot net-net gaar. Verwyder pan van hitte en hou eenkant.
  3. Klits eiers in ʼn bak en meng die lepel sampioene by.
  4. Verhit olie en 1 e botter in ʼn pan oor matige hitte. Giet ʼn kwart van die eiermengsel in die pan sodat dit die bodem bedek. Geur die eiers met sout en peper. Braai die omelette vir 1-2 minute tot net-net gestol.
  5. Skep ʼn kwart van die sampioenvulsel op die een kant van die omelet, krummel fetakaas oor en druk bietjie suurlemoensap oor. Vou die omelet toe en skep op bord.
  6. Herhaal met die oorblywende eier om vier omelette te maak.

Bron: The South African Mushroom Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae