Soorte resepte:

Resep: Gemengde skorsiekerrie

Gemengde skorsiekerrie (Foto: Lapa Uitgewers)

Sit hierdie groentekerrie voor met warm naanbrood of bros poppadums.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 15 ml olyfolie
  • 1 medium rooi ui, geskil en grofgekap
  • 30 ml rooi kerriepasta
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 15 ml gerasperde vars gemmer
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 500 g gemengde skorsies, in kwarte gesny (enige kombinasie van byvoorbeeld murgpampoentjies, groen en geel vlapampoentjies, jong lemoenpampoentjies met skil)
  • 400 g (1 blik) klappermelk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • naanbrood of poppadums om mee te bedien

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn pan en soteer die ui tot sag. Voeg die kerriepasta, knoffel en gemmer by en roerbraai nog 1 minuut.
  2. Voeg die gekapte tamaties by en prut vir 2 minute.
  3. Voeg die skorsies en klappermelk by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut 20 minute of tot die groente sag is.
  4. Geur met sout en peper en sit voor met warm naanbrood of bros poppadums.

Bron: Lekker & vinnig: Kerries
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.