Soorte resepte:

Resep: Geroosterde sampioen-en-aspersieslaai met aarbei-vinaigrette

Foto ter illustrasie. (Foto: Marko Rick/Pexels)

Braaidag (24 September) is om die draai. Dié geroosterde, vegetariese slaai sal sommer ʼn hup in jou volgende braai sit!

Bestanddele

SLAAI

  • 100 g gemengde slaaiblare
  • 60 g vars aarbeie
  • 150 g koning-oestersampioene
  • 120 g groen aspersies

VINAIGRETTE

  • 60 g vars aarbeie
  • 1 lemmetjie, versap
  • 2 e olyfolie
  • 2 e agawe-nektar of suiker
  • 1 e vars basiliekruidblare
  • ¼ teelepel sout, of na smaak

Metode

  1. SLAAI: Was die slaaiblare en aarbeie en laat dreineer.
  2. Sny die sampioene in dik skywe en rooster vir 2-3 minute tot sag.
  3. Sny en gooi die onderkant van die aspersies weg en braai dit vir 3-4 minute tot effens sag, maar nog bros.
  4. VINAIGRETTE:
  5. Maak die aarbeie intussen skoon en sit dit saam met al die ander bestanddele in ʼn voedselverwerker. Meng ʼn paar sekondes tot ʼn dik pienk sous met ʼn romerige tekstuur gemaak word. Geur met sout na smaak.
  6. Sit die slaaiblare in ʼn bak en voeg die geroosterde aspersies en sampioene by. Bedruip met die aarbei-vinaigrette en bedek met heel of gesnyde aarbeie.
  7. Meng goed deur en sit voor.

Bron: ProVeg International

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.