Soorte resepte:

Resep: Geroosterde tamatiesosasties op roosterbrood

Geroosterde tamatiesosasties op roosterbrood. (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié tamatiesosaties is smaaklik en kan as ʼn vinnige ontbyt of tussenin gereg bedien word.

Lewer 4 tot 6 porsies

Bestanddele:

  • 45 ml olyfolie of druiwepitolie
  • 5 ml Worcestersous
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g kersietamaties
  • sout en varsgemaalde swart peper na smaak
  • 10-12 sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek
  • 1 Franse brood, diagonaal in skywe gesny
  • 250 ml basilie- of songedroogde tamatiepesto

Metode:

  1. Meng die olie, Worcestersous en knoffel saam. Laat die mengsel vir 15 minute rus sodat die geure kan meng.
  2. Voeg die kersietamaties by die marinade en meng dit liggies deur.
  3. Ryg vier tot vyf kersietamaties op elk van die sosatiestokkies en geur na smaak.
  4. Verhit die oondrooster tot matig.
  5. Verf die orige marinade op die snye Franse brood en hou eenkant.
  6. Rooster die tamatiesosaties vir ongeveer 4 tot 5 minute aan elke kant of tot dit gaar is.
  7. Rooster albei kante van die brood tot dit ligbruin en bros is.
  8. Smeer van die pesto op elk van die broodsnye en rangskik die tamatiesosatie bo-op.
  9. Bedien dadelik.

Bron: Lekker & vinnig: Sosaties

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tweeling ·

Met die prys van tamaties op die oomblik sal dit maar eers moet wag.

Zoey ·

Ek stem, die pryse van tamaties is belaglik. En ek gebruik so baie tamaties. Ons sal maar self moet plant

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.