Vegetaries en veselryk!
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 15 ml groenteaftrekselpoeier
- 500 ml kookwater
- 100 ml droë rooiwyn of 75 ml water
- 25 ml bruinasyn
- 150 g droë sojabone
- 30 ml kanola- of olyfolie
- 1 middelslag ui, geskil en gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 250 g knopiesampioene, afgevee en in kwarte gesny
- 1 middelslag groen soetrissie, ontpit en in repies gesny
- 400 g-blik geskilde tamaties in tamatiesap, fyn gekap
- 15 ml Vital-sojasous
- 5 ml elk gedroogte gemengde kruie en karwysaad
- 5-10 ml paprika
- 5 ml sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 5-10 ml mielieblom gemeng met ʼn bietjie koue water
Metode
- Meng die aftrekselpoeier, kookwater en wyn en week die sojablokkies 30 tot 45 minute lank daarin. Dreineer en behou die marinade.
- Verhit die olie en roerbraai die ui, knoffel, sampioene en soetrissie tot sag. Voeg die sojablokkies by en roerbraai liggies oor matige hitte.
- Roer die marinade, tamatie en -sap, sojasous, kruie, karwysaad en paprika by. Bedek en prut vir 25 tot 30 minute oor matige hitte tot gaar.
- Roer die mengsel van tyd tot tyd om aanbrand te verhoed en vul met kookwater aan om ʼn souserige mengsel te behou.
- Geur met sout en peper. Verdik die sous met mielieblompasta, roer en kook vir 1 tot 2 minute. Bedien dit op klein skulpnoedels of gekookte gort.
Bron: Lekker & Gesond: Veselryk
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Dit is verfrissend van MM om ‘n hoofdis resep te plaas wat dierevriendelik is. Dankie daarvoor