Soorte resepte:

[Resep] Kekerertjie-kerrie

Kerrie

Kekerertjie-kerrie Foto: Trooskos

Trooskos is Clover se 13de kookboek en soos altyd is dit propvol staatmaker-resepte wat goed beproef is.

Genoeg vir 4 mense

Bestanddele:

  • I e (15 ml) komynsaad
  • I t (5 ml) koljander
  • 3 e (45 ml) Clover Springbok-botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 uie, geskil en in ringe gesny
  • I e ( I 5 ml) vars gemmer, gerasper
  • I rooi soetrissie, ontpit en gekap
  • 1–2 groen brandrissies, fyngekap
  • ½ t (2 ml) borrie
  • I x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer
  • I x 410 g-blik gekapte tamaties
  • ½  k (100 g) spinasie
  • ¼  k (60 ml) Clover-suurroom
  • swartpeper
  • sap van I lemmetjie
  • 2 e (30 ml) vars koljanderblare, fyngekap

Metode:

  1. Rooster die komynsaad en koljander in ’n droë pan om die geure te ontwikkel.  Maal dit met ’n vysel en stamper fyn.
  2. Verhit die botter in ’n pan en soteer die knoffel, uie en gemmer vir 3 tot 4 minute. Voeg die komyn en koljander by. Voeg die soetrissie by en braai nog 2 minute.
  3. Roer die brandrissie, borrie, kekerertjies en tamatie by en prut 10 minute.
  4. Voeg die spinasie en suurroom by en kook 3 tot 4 minute tot die spinasie verwelk het.
  5. Geur met swartpeper en roer die lemmetjiesap en koljanderblare net voor opdiening by.

Bron: Trooskos
Uitgewer: LAPA Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.