Soorte resepte:

Resep: Lendesteak

Lendesteak (Foto: Lapa-uitgewers)

“Ek het vir drie jaar in Maboneng gebly, ʼn eklektiese woonbuurt in die Johannesburgse middestad. Daar het ek ʼn ongelooflike Argentynse restaurant ontdek en dit was die eerste keer dat ek aan chimmichurri bekendgestel is. Dit verhef vleisgeregte (steak, ribbetjies en potjies) tot vlakke waarvan ek nooit bewus was nie! En ek eet nooit ʼn bykos saam met steak nie, dit trek my aandag af,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.

Lewer 2 porsies
Bestanddele

Chimmichurri

  • 1 klein salot of rooiui, gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 1 jalapeno (opsioneel), in skywe gesny
  • ½ rooi soetrissie, gekap
  • ½ k olyfolie
  • 1 e rooiwynasyn
  • 1 e suurlemoensap
  • ¼ k vars koljander
  • ¼ k vars oreganum
  • ¼ k vars ltaliaanse pietersielie
  • 1 t pienk sout of enige growwe sout
  • 1 t varsgemaalde swart peper

Steaks

  • 2 (250-300 g elk) lendesteaks (sirloin)
  • olyfolie
  • 2 e botter
  • nog varsgemaalde sout en peper vir die steak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Plaas alles (behalwe die steaks natuurlik) in ’n voedselverwerker en blits saam totdat alles deeglik fyn gemaal is. Gooi die chimmichurri in ’n klein bakkie en plaas eenkant sodat die geure verder kan ontwikkel.
  3. Plaas die steaks op ’n bakplaat en drup olyfolie oor. Geur met varsgemaalde sout en peper en plaas vir 10 minute in die oond.
  4. Smelt die botter in ’n braaipan, verkieslik ’n roosterpan, oor hoë hitte.
  5. Braai die steaks in die warm pan tot lekker bruin en gaar na smaak. Ek stel mediumgaar voor.
  6. Laat die steaks vir sowat 5 minute rus voordat jy dit bedien. As dit kans het om te rus, sal die steaksappe behou word.
  7. Bedien met 1 eetlepel chimmichurri wat jy oor die ongelooflike steak skep.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Felix ·

Vanaand is nou die aand vir ‘n lekker kruis biefstuk oor die kole in vlamme gebraai met knoffelaartappels en uie in die pan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.