Resep: Marokkaanse roereier

Marokkaanse roereier (Foto: Versakf)

Gee ʼn ou gunsteling nuwe geur!

Genoeg vir 4

Bestanddele

  • 15 ml olie
  • 1 rooi ui, gekap
  • 5 ml komynsade
  • 5 ml gemaalde koljander
  • 220 g wit sampioene, in kwarte
  • 1 rooi of groen soetrissie, dun gesny
  • 1 tamatie, gekap
  • 30 ml botter
  • 8 eiers, geklits
  • 30 ml vars koljander
  • sout en swartpeper

VIR OPDIENING

  • Pitabrood of roosterbrood
  • Suurlemoenskywe (opsioneel)

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn pan en braai die ui en komynsade op ʼn lae hitte vir 4-5 minute.
  2. Stel die plaat hoër en voeg die gemaalde koljander en sampioene by. Braai vir 3-4 minute. Roer die rissie, tamatie en botter by. Sodra die botter gesmelt het, voeg die geklitste eiers by en maak oor gematigde hitte gaar.
  3. Wanneer die eiers amper gaar is, verwyder dit van die hitte en voeg die vars koljander, sout en peper by. Bedien op pitabrood of roosterbrood met ʼn suurlemoenskyf.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Renier

Ek werk en bly in Morocco, geen sulke eier hier nie. Dalk net die sjef se idee van die naam.