Soorte resepte:

Resep: Meksikaanse omelet

Meksikaanse omelet (Foto: Lapa Uitgewers)

Dié maklike Meksikaanse omelet is heerlik as ontbyt óf aandete.

Genoeg vir 2

Bestanddele

  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • ½ klein ui, geskil en gekap
  • ¼ groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 5 eiers
  • 2 e (30 ml) Clover-volroommelk
  • 3 e (40 g) heelpitmielies, gaar
  • 1 tot 2 klein rooi rissies, ontpit en gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 e (15 ml) olyfolie
  • 2 e (30 ml) Clover- Mooi River-botter
  • 3 e (45 ml) Clover-cheddarkaas, gerasper
  • vars koljanderblare

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn pan en soteer die ui vir 2 minute, voeg die soetrissie by en roerbraai nog 1 minuut.
  2. Klits die eiers en melk saam in ʼn mengbak en roer die uiemengsel, mielies en rissies by. Geur met sout en peper.
  3. Verhit die helfte van die olie en botter in ʼn skoon pan en giet die helfte van die eiermengsel daarin sodra dit begin borrel. Los vir 30 sekondes en gebruik dan ʼn eierspaan om die gaar rande van die omelet effens op te lig, sodat die rou mengsel onderin kan loop.
  4. Strooi die kaas oor wanneer die omelet amper gaar is.
  5. Gebruik ʼn eierspaan om die omelet in die helfte oor te vou en lig uit op ʼn bord.
  6. Sit voor met vars koljanderblare.
  7. Verhit die res van die olie en botter in die pan en maak die tweede omelet ook so.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.