Soorte resepte:

Resep: Rooi ui-en-patat-frittata met knopiesampioene

Rooi ui-en-patat-frittata met knopiesampioene (Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

Bedien dié eenvoudige frittata met geroosterde brood vir ontbyt of ʼn heerlike groen slaai vir middagete.

Genoeg vir 4 porsies

Bestanddele

  • 1 groot rooi patat, geskil, in skywe gesny en gestoom
  • 10 ml olyfolie
  • 1 rooi ui, in skywe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 250 g knopiesampioene, in skywe gesny
  • 6 eiers
  • 125 ml laevet gewone jogurt
  • sout en peper
  • gebraaide klein knopiesampioene vir garnering
  • mikro-kruie

Metode

  1. Verhit die olyfolie in ʼn oondvaste braaipan, voeg die ui en knoffel by en soteer tot glanserig. Voeg die sampioene by en braai tot goudkleurig. Rangskik die gesnyde rooi patats in die pan.
  2. Klits die eiers en jogurt saam en geur met sout en peper. Giet die eiermengsel in die braaipan. Verhit op ʼn medium plaat op die stoof tot die frittata driekwart gaar is.
  3. Plaas die pan onder die oondrooster en rooster die bokant van die frittata tot sout en goudkleurig.
  4. Sit voor saam met gebraaide knopiesampioene en mikro-kruie.
  5. Wenk: Vleisliefhebbers kan 125 ml gekapte, gebraaide spek by die frittata voeg.

Bron: Suid-Afrikaanse Sampioenkwekersvereniging 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.