Soorte resepte:

Resep-video: Eenskottel-aandete

Baie kos, min moeite, minder skottelgoed. Wie sal dan nee kan sê?

Bestanddele

  • 1 rooi soetrissie
  • ½ kop brokkoli
  • 10 sampioene
  • 2 wortels
  • 150 g groenboontjies
  • 3 murgpampoentjies
  • 1 ui
  • 3 vlapampoentjies
  • ½ (400 g) botterskorsie
  • 4 e olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • 1 x pak hoenderstukke
  • 5 roosmaryntakkies

SOUS

  • 150 ml olyfolie
  • 1 t knoffelpoeier
  • 1 t paprika
  • 1 t sout
  • 1 t peper

Metode

  1. Sny al die groente op in hapgrootte stukke en plaas dit in ʼn groot oondbak of -plaat. Sprinkel die olyfolie oor en geur met sout en peper.
  2. Pak die hoender rou op die groente.
  3. SOUS: Meng al die bestanddele saam en smeer dit oor die hoenderstukke. Jy kan dit bietjie met jou vingers of ʼn kombuiskwassie invryf.
  4. Pak die roosmaryntakkies op die plaat. Bak vir 40 minute teen 180 °C en sit warm voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Toevallig hierdie resep raak gesien en daarop gekliek want dit lyk lekker. Vegetariese geregte met hoendervleis. So die vegetarieërs cheat ook maar lekker nè :-)

Eend Bessinger ·

Vegataries? Ek glo nie! Behalwe as jy die hoender weglaat en die sous oor die groente gooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.