Soorte resepte:

Resep: Warm proteïenpap

Warm proteïenpap (Foto: Lapa-uitgewers)

“Al die banting-/keto-pap wat ek al gemaak het, kon nog nie werklik die lus vir ʼn lekker warm bakkie pap blus nie. Die meeste soorte klappermeelpap se smaak is vir my te tert of dis te droog. Maar hierdie een, hierdie een is perfek,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • ½ k amandelmeel
  • 1 e klappermeel
  • 2 e vlassaadmeel (bruin of goue)
  • 2 e chiasade
  • 2 eiers
  • ½ k melk
  • ¼ k room
  • 1 t kaneel
  • ½ t vanieljegeursel
  • 3 e erythritol of 6 druppels stevia
  • ½ k vars bessies
  • 1 e botter

Metode

  • Plaas al die bestanddele behalwe die botter in ’n mengbak en klits baie goed saam. Laat dit vir 5 minute staan.
  • Plaas ’n pot oor lae hitte op die stoof en smelt die botter.
  • Giet die papmengsel in die pot en verhoog die hitte stadig totdat dit begin stoom. Dit moenie kook of prut nie. Roer aanhoudend totdat die pap warm word en verdik.
  • Skep die pap in bakkies en versier met vars bessies. Jy kan selfs nog ’n klontjie botter byvoeg indien jy sou wou.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.