Soorte resepte:

Video: Knoffel-truuk het internet gaande

Argieffoto (Foto: Skitterphoto/Pixabay)

ʼn Video waar ʼn vrou verduidelik hoe om knoffelhuisies vinnig te skil, het gebruikers op sosiale media gaande.

Die video, wat deur die gebruiker Valentina Pestilenez op Twitter gedeel is, is binne twee dae reeds byna 21 miljoen keer gekyk.

Sy wys hoe maklik dit is om knoffelhuisies te skil deur bloot ʼn mes in een van die knoffelbolletjies te druk en dit van die stammetjie te verwyder. Daar is geen ekstra werk om die skil te verwyder nie. Dit wil voorkom of ʼn skerp mes die beste instrument is om te gebruik.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

Guardian Australia het Valentina se metode saam met ander bekende metodes getoets om te kyk of dit werklik so eenvoudig is soos sy dit laat blyk.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KrokodilBotha ·

Die wonder van knoffel. Eet vars dit hou die bose en die taks man weg.

Andreas ·

en Zindzi … en nog ‘n klomp ander twitter verslaafdes

Nel ·

Wonnerlik, maar meer wonnerlik sou wees as hulle vir my kan wys hoe om ‘n ui te skil sonder om ‘n traan te stort…

UiTraan ·

Sit die ui in die “deep freezer” vir so 15min voor jy hom skil *wink*

Nel ·

Wonnerlik maar meer wonnerlik sou wees as hulle vir my kon wys hoe om ‘n ui te skil sonder om ‘n traan te pik…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.