Soorte resepte:

[Video] Maak ʼn nagereg-Kersboom nes Suzelle DIY

Suzelle DIY wys hoe om 'n nagereg-Kersboom aan mekaar te slaan. Foto: Skermskoot uit die video

Suzelle DIY wys hoe om ‘n nagereg-Kersboom aan mekaar te slaan. Foto: Skermskoot uit die video

Kersfees is dikwels ʼn tyd vir die hele familie om bymekaar te kom. Dit veroorsaak nie net choas in die huis nie, maar verg ook goeie beplanning om te verseker dat jou Kersvakansie glad verloop omdat almal se persoonlikhede en smake so verskil.

Kersfees word ook gekenmerk deur heerlike geregte en baie soet dinge. Hoe gemaak wanneer jy die hele familie moet gelukkig hou? In Suzelle DIY se nuutste video wys sy hoe jy ʼn nagereg-Kersboom kan maak met ʼn verskeidenheid lekkernye om te verseker dat elke soettand in die familie bevredig word.

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela. Sluit by haar YouTube-kanaal aan. Besoek haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.