Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Drie-in-een-resep

Drie-in-een-resep (Foto: Annelien Pienaar)

“As werkende ouer het ek besluit om kosmaak vir myself makliker te maak en elke dag die bietjie tyd wat ek in die kombuis het, te geniet,” sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

“Ek het aan myself die uitdaging gestel om met een resep ’n paar geregte te maak. Met hierdie lys van basisbestanddele het net die gaarmaakmetode verander om drie watertandgeregte voor te sit.”

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 2 e olyfolie
  • 1 k gesnipperde sampioene
  • 1 k gesnipperde spinasie
  • 6 repies spek, gaar
  • 10 groot eiers
  • ½ k feta- of roomkaas
  • sout en peper na smaak
  • paprika (opsioneel)

Metode

GEWONE SPEK EN EIERS

  1. Braai die sampioene en spinasie saam. Skep uit en hou eenkant warm. Maak die spek en roereier in dieselfde pan of maak gebakte eiers.
  2. Fetakaas kan saam met die roereier gemeng word of dit kan as sprinkellaag gebruik word.
  3. Sit dadelik voor.

FRITATA: OPSIE 1

  1. Neem ’n gietysterpan en plaas in koel oond. Voorverhit oond dan tot 200 °C. Dit is nie nodig om die pan te smeer nie.
  2. Roerbraai sampioene en spinasie en hou eenkant.
  3. Meng roomkaas by sodat die mengsel vinnig kan afkoel. Roer gekapte spek, eiers en paprika by. Skep in voorverhitte pan en bak 15 minute.

FRITATA: OPSIE 2

  1. Voorverhit oond tot 200 °C en smeer ’n kolwyntjiepan met 12 holtes.
  2. Meng al die bestanddele saam. (Hier verkies ek om roomkaas in die plek van feta te gebruik.)
  3. Verdeel in 6 porsies en bak vir 25 minute.

Besoek Annelien Pienaar se webwerf en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.