Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Eenpot-beesvleisrisotto

Eenpot-beesvleisrisotto (Foto: Verskaf)

“Wanneer tyd letterlik jou baas word en tyd in die kombuis word tot die minimum beperk, het ek ʼn oplossing vir jou met die hulp van jou prutpot (crock-pot/slow cooker),”  sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

“Die bestanddele vir hierdie resep word in lae op mekaar gestapel en ’n eenvoudige ding soos ’n tydskakelaar wat apart aangekoop kan word indien jou prutpot nie ’n tydskakelaar het nie, skakel na ʼn paar ure aan en jou kos word gaar. Teen die tyd wat jy tuis kom, begroet die wonderlike geure van huislike samesyn jou by die deur.”

Ek gebruik ’n 3 liter-prutpot vir hierdie resep; ’n groter pot sal ook geskik wees.

Bestanddele

  • 1,5 kg skenkel en/of dikrib (shin en/of chuck)
  • 2 k risotto-rys
  • 250 ml warm kraanwater
  • 2 e tuisgemaakte soppoeierof witsousbêremengsel
  • 1 x bruinsous of 250 ml aftreksel
  • 1 e roosmaryn, gedroog
  • 2 e soppoeier (soos Bisto)
  • 6 wortels, geskil, repies
  • 2 selderystingels, fyn ringetjies
  • 2 uie, blokkies gesny
  • 250 g bruin knopiesampioene (opsioneel)
  • 200 ml klapperroom

Metode

  1. Plaas die rys onder in die pot. Pak dan die bestanddele soos gelys in lae op mekaar: wortels, sampioene, seldery, uie, vleis.
  2. Meng die water, roosmaryn, bruinsous met water met die soppoeier en giet oor die vleis. Skakel die pot op hoog vir 6-8 ure totdat die vleis sag is en van die been val.
  3. Rond af met ’n koppie klapperroom of gewone room.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Resep lyk baie lekker en kan nie wag om dit te beproef nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.