Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Gestopte werfhoender

Gestopte werfhoender (Foto: Annelien Pienaar)

My Sondagmiddagetes sluit elke maand iewers ’n gestopte hoender in met ʼn heerlike sous daarby. My gesin eet hierdie hoendertjie dat net die bene oorbly.

Annelien Pienaar is ‘n voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Bestanddele

  • 100 g botter
  • 1 middelslag ui, fyngekap
  • 2 selderystingels, fyngekap
  • 100 g sampioene, fyngekap
  • 80 g vars broodkrummels
  • 15 ml suurlemoenskil
  • 50 ml varsgekapte pietersielie
  • 50 ml varsgekapte koljanderblare
  • 1,5 kg werfhoender
  • 1 eiergeel

Metode

  1. Voorverhit oond tot 200°C.
  2. Braai die ui, seldery en sampioene in die helfte van die botter vir 5 minute en tot die vog van die sampioen uitgekook het.
  3. Verwyder pan van hitte, voeg die broodkrummels, suurlemoenskil, pietersielie, koljander en eier by. Meng goed deur en stop die hoender. Werk die nekopening toe.
  4. Plaas die hoender in ʼn kasserolbak. Smelt die ander helfte van die botter en bedruip die hoender daarmee. Bak die hoender vir ongeveer 2 uur. Elke halfuur moet die hoender met die pansouse bedruip word. Die hoender moet die eerste uur toe bly en daarna kan dit oop gemaak word om te verbruin, maar hou aan met die bedruip.

SOUS

Bestanddele

  • 10 ml botter
  • 15 ml koekmeel
  • 300 ml hoenderaftreksel
  • 15 ml sjerrie

Metode

  1. Smelt botter, voeg koekmeel by en braai tot bruin soos vir ʼn roux. Voeg dan van die gaar hoender se pansouse by, moenie die vet bygooi nie, voeg dan die aftreksel en sjerrie by. Meng goed om klonte te voorkom. Bedien warm.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.