Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Heuning-en-mosterd-kassler-eenpotgereg

Heuning-en-mosterd-kassler-eenpotgereg (Foto: Verskaf)

“Soetsuur is my groot gunsteling as dit kom by die bereiding van varkvleis en hierdie gereg is regtig vingerlek-lekker!” sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 1 kg van die been gesny of boudvarktjops, blokkies vleis (skaap, bees, hoender en wild werk ook heerlik met hierdie resep)

Vir wildsvleis: Week oornag in karringmelk, vee af, sny in blokkies en begin by stap een. Jou gaste sal nie eens weet hulle eet wild nie.

  • 250 g gerookte kasslertjops, in blokkies gesny
  • 4 e olyfolie
  • 2 groot uie, fyn gekap
  • 2 selderystingels, dun ringetjies
  • 1 k songedroogde tamaties (opsioneel)
  • 1 aftrekselblokkie
  • 500 ml water

Metode

  1. Voorverhit ’n gietyster-kastrol met ’n digpassende deksel. Roerbraai die uie en seldery met ’n knippie sout tot sag en glansend.
  2. Voeg die vleis by in klein hoeveelhede en braai liggies, maar nie gaar nie. So seël ons die sappe van die vleis in en dra by tot smaaklikheid.
  3. Voeg die res van die bestanddele by en kook tot sag. Teen die einde moet die vog ook redelik weggekook wees.

Sous

Bestanddele

  • ½ k gedroogde sampioenpoeier (verdikker)
  • ½ k room/suurroom/klapperroom/klappermelk
  • 2 t gerookte paprika
  • ½ k heuning
  • 2 e mosterdpoeier of ¼ e Dijon-mosterd
  • 2 t fyn knoffel
  • potjie groente van keuse
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam en giet oor vleis en meng goed deur. Kook oor matige hitte vir 25 minute. Smaaklike ete!

Besoek Annelien Pienaar se webwerf en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.