Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Skaapboud

Skaapboud (Foto: Annelien Pienaar)

Annelien Pienaar is ’n voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

“Ek het grootgeword met slaggoed op die plaas. Skaap slag was ’n fyn balans, want as dit ’n volbek ooi of ram was, het ons die vleis vir sewe dae in die koelkamer gehang voordat die vleis opgesny word. Hierdie hangtyd by ’n ouer dier het tot gevolg dat die vleis geurig en sag word. Vir my is daar nie eens ’n keuse tussen lam of skaap nie; ek kies ’n skaapboud verwerk soos ek geleer het.

“In Maart 2021 sien my vleiskookboek die lig en daarin het ek al my familie se geheime van vleisverwerking saamgevat en hierdie is maar net een van vele heerlike resepte!”

Bestanddele

  • 1 x skaapboud (3,5 -4 kg)
  • 1 k olyfolie
  • ¼ k roosmaryn, vars en fyn gesnipper
  • ¼ k suurlemoenskil
  • 5 e vars, fyngedrukte knoffel
  • 5 e vars suurlemoensap
  • 4 groot uie in ringe gesny
  • 4 selderystingels in ringetjies van 10 mm gesny
  • 4 groot aartappels in dun wiele gesny
  • 5 e mediumgrowwe sout
  • 1 e fyn swart peper

Metode

  1. Meng alles, behalwe die sout en peper, saam en hou eenkant.
  2. Spoel die boud af en druk droog. Pak die groente onder in ’n diep kasserolbak.
  3. Met ’n ontbeenmes, sny 5 mm diep kepe in ’n ruitpatroon oor die vleis. Dit sal help dat die boud goed marineer oornag. Plaas die vleis op die groente.
  4. Smeer die mengsel oor die hele boud en rus bedek in die yskas vir 12 ure of langer.
  5. Vryf die boud met sout en peper in en bak in koel oond vir 5-6 ure by 160°C.
  6. Neem die pansouse en groente en maak ʼn puree daarmee vir ’n heerlike glansende sous oor die vleis. Die sous kan verdun word met so ’n koppie vars room by.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.