Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Tamatiebredie

Tamatiebredie (Foto: Annelien Pienaar)

“Ek bekommer my onnodig of my Filistyne eendag as studente self sal regkom. Dan begin my kop vinnige planne aanmekaarslaan wat min tyd in beslag neem en goedkoop is,” sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

“Soms is daar stukkies boerewors oor ná ’n braai en dan wil jy die ete effens rek met ’n heerlike sousie saam met die wors. Ons as gesin geniet hierdie ete op ’n Sondagoggend voor kerk saam met growwe mieliepap of ’n dik sny tuisgebakte brood waarvan die sous so lekker intrek.”

Ek het ook hierdie worsiegereg as vulsel in ’n omelet gebruik en die Filistyne was gaande daaroor, asook saam met pasta. Hierdie resep kan as basis vir baie soorte stysel gebruik word! Dit vat letterlik 15 minute om te maak.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 blikkie (410 g) tamatie-en-uiesmoor
  • 20 ml tamatiepuree
  • 8 vars basilieblare, fyn gesnipper
  • 1 t knoffel, fyn gedruk
  • ½ t mosterdpoeier
  • ½ t kerriepoeier
  • 1 t mielieblom aangemaak met 4 e water
  • sout en peper na smaak
  • 500 g gaar boerewors, in stukke gesny

Metode

  1. Verhit die tamatie-en-uiesmoor, voeg al die bestanddele by en roer goed deur. Voeg die wors by en kook totdat die mengsel verdik het.
  2. Sit voor op growwe mieliepap.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.