Soorte resepte:

Balsamiese hoender

Lewer 4 – 6 porsies

1 e vars roosmaryn, fyngekap of 1 t gedroogde roosmaryn
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sou en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 e olyfolie
6 hoenderborsies of 1 heel hoender
¼ k balsamiese asyn

1. Meng die roosmaryn, knoffel, sout en peper met 1 t van die olie in ‘n klein bakkie om ‘n pasta te vorm.
2. Smeer die hoender goed in met die orige olie en dan die kruiepasta.
3. Bedek en plaas in yskas vir ‘n paar uur of verkieslik oornag.
4. Voorverhit die oond tot 170°C.
5. Plaas die hoender in ‘n oondbak en bedek met ‘n deksel of fielie. Oondrooster vir 20 minute. Bedruip die hoender elke 10-15 minute met die balsamiese asyn.
6. Bak die hoender vir ongeveer 1 – 1½ uur. Verwyder die hoender uit die oondbak en hou warm. Roer ‘n bietjie water by die pansappe en roer goed deur vir ‘n lekker sous.
7. Geur sous na smaak en sit saam met die hoender voor.

Resep oorspronklik gepubliseer in Proe Pretville
Uitgewers: Lapa
Prys: R225-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.