Soorte resepte:

BBQ-kortrib op die Koreaanse manier

Kortrib is ‘n voorkwartsnit en meer bekostigbaar as die meeste snitte wat tradisioneel gebraai word. Marineer lekker lank om die vleis sag te maak en goed deur te geur.

Genoeg vir 6

1 kg kortrib, tussen die bene deur in stukkies gesny

Marinade
125 ml (½ k) sojasous
250 ml (1 k) water
45 ml (3 e) witasyn
85 ml bruinsuiker
30 ml (2e) sesameolie
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngesny
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 ui, in dun skywe gesny

1. Voeg sojasous, water, asyn, suiker en sesameolie saam in ‘n nie-metaalbak. Meng goed. Voeg die brandrissie, knoffel en uie by.
2. Voeg die kortribstukkies by en bedek met marinade. Bedek die bak en laat in die yskas marineer 6-12 ure om vleis sag te kry. Draai die vleis ‘n paar keer om.
3. Haal die vleis uit die marinade en vee dit met handoekpapier af. Braai oor ‘n warm gasvlam of kole 5-8 minute aan ‘n kant. Smeer marinade met ‘n kwas daarop net voordat jy dit afhaal, en braai nog vir ‘n minuut of twee aan albei kante totdat dit effe taai is. Moenie vleis brand nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.