Soorte resepte:

Resep: Rooibaard-bederfbord

Rooibaard-bederfbord (Foto: Byt & Buskruit)

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam!

Murgbene en sampioenroomsous

  1. Smeer murgbene liggies met olyfolie, geur met Bakkies Botha se Veld-tot-Vurk-speserye.
  2. Braai op ’n toeknyprooster vir 15 tot 20 minute oor warm kole. Braai die sampioene in ’n potjie tot mooi bruin, krap die murg uit in die potjie op die vuur, saam met die sampioene en voeg dan 500 ml room by saam met sout en peper na smaak.
  3. Laat dit prut vir so 10 minute – en eet lekker!

Spinasie met ’n byt

  1. Gooi spinasie in ’n pot en rasper 4 groot, heel tamaties by.
  2. Gooi sout en peper by na smaak en sit dan die deksel op en laat dit prut vir so 15 minute op matige hitte.
  3. Voeg 3 eetlepels Rooibaard-sous by.
  4. Roer en geniet!

Braaibroodjie-jaffel

  1. 1 gekapte bruin ui, tamaties en soetrissie vir die vulsel.
  2. Voeg ’n mengsel van cheddar en mozarella-kaas by, saam met Bakkies Botha se Veld- tot-Vurk-speserye.
  3. Spuit die jaffel-pannetjies met kossproei.
  4. Braai die broodjies stadig oor die kole tot goudbruin.

Koedoekruisskyf op ’n pienk soutklip

  1. Verhit die soutklip vir so 15 min en vee dan skoon met ’n halwe suurlemoen.

Braai die kruisskyf snitte vinnig oor warm hitte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.