Resep: Biltongsop

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:
125 g botter of margarien
200 ml (110g) Snowflake-koekmeel
500 ml melk
1.5 liter beesvleisaftreksel
2 ml fyn meutmuskaat
2 ml fyn koljander
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
200 ml vars room
310 ml (100 g-pakkie) biltongpoeier
200 ml (80 g) gerasperde Cheddarkaas
ekstra biltongpoeier vir garnering

Metode:
1. Smelt botter in ‘n medium swaarboomkastrol. Voeg meel by en roer sowat 1 minuut oor lae hitte.Voeg melk by en kook oor matige hitte; klop voortdurend tot sous glad is en effens verdik het.
2. Voeg aftreksel, speserye en geurmiddels by. Laat sowat 10 minute prut; klop voortdurend tot die sop verdik het.
3. Voeg room en biltongpoeier by en maak deurwarm. Verwyder van hitte en voeg kaas by. Garneer met ekstra biltongpoeier en bedien as voorgereg of ligte maaltyd, saam met warm broodrolletjies.

Resep oorspronklik gepubliseer in Die Uitsonderlike Snowflake Versameling
Uitgewer: RandomHouseStruik
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae