Soorte resepte:

Resep: Coke-hoender

Coke-hoender (Foto’s: Lindie Strydom)

Lindie Strydom sê haar kinders is mal oor hierdie resep tydens vakansies. Dit is nie net lekker vir kinders nie, maar is ook maklik om te maak, so jy hoef jou nie lank in die kombuis af te sloof nie.

“Ek het grootgeword met hierdie resep, so ek weet nie eintlik wie se resep dit oorspronklik is nie. My ouers het dit oor die kole gebraai, maar jy kan dit ook net so maklik op die plaat doen,” vertel sy oor dié maklike resep.

“Dit kan nie flop nie. Ek is regtig nie ʼn kok nie, so as ek iets kry wat maklik is en waarmee jy eintlik nie kan droogmaak nie, is ek altyd baie bly. My kinders was baie gretig om die oorskiet sous met ʼn stuk brood uit die pot uit te eet.”

Bestanddele

  • hoenderstukke
  • Coke
  • bietjie sojasous
  • knippie sout

Metode

  1. Gooi hoenderstukke toe onder die Coke in ʼn groot swaarboompot.
  2. Kook die hoender in die Coke op hoë hitte vir sowat 30 minute. Die Coke sal wegkook en ʼn taai sousie maak. “Jy moet hom dophou sodat hy nog so ʼn bietjie sous oor het in die pot, anders brand dit vas en dan is dit ʼn gemors,” sê Lindie.
  3. Bedien dit lekker warm en eet die orige sous met ʼn sny brood uit die pot uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.