Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Belgiese mossels

Belgiese mossels (Foto: skermgreep uit video)

Kyk wat maak Lochner de Kock dié week!

Bestanddele:

  • visaftreksel
  • seldery, fyngekap
  • 1 ui
  • tamatie
  • vars koljander
  • witwyn
  • mossels

Metode:

  1. Meng al die bestanddele, behalwe die mossels en witwyn, saam in ’n diep pan op matige tot warm hitte.
  2. Wanneer die mengsel warm is, gooi die mossels by.
  3. Roer alles saam en snipper koljander daarin.
  4. Meng alles weer saam en sit die pan se deksel op. Laat dit vir ongeveer 5 minute kook.
  5. Gooi witwyn by en haal van stoof af.
  6. Skep op en snipper nog koljander bo-oor.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.