Kyk wat maak Lochner in hierdie week se episode!
Genoeg vir 4
Bestanddele
- ½ ui, gekap en gebraai
- 1 tamatie, in blokkies gesny
- ½ appel, in blokkies gesny
- ¼ geel soetrissie, in blokkies gesny
- ½ suurlemoen se sap
- 1 e olyfolie
- ½ k sampioene, grofgekap
- 1 murgpampoentjie, in repies geskil
- 1 blikkie tuna
- ¼ k garnale
- 3 t botter
- 2 e konfyt van jou keuse
- balsamiese reduksie
Metode
- Voer ’n bak uit met foelie.
- Gooi uie onder in en versprei effens.
- Gooi nou die al die res van die bestanddele in die uitgevoerde bak.
- Vou die foelie toe sodat dit ʼn pakkie vorm. Plaas in ʼn oondbak en bak vir 15-20 minute teen 180 °
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei: