Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Tjop-tjop tjoppies

Tjop-tjop tjoppies (Foto: Skermgreep uit video)

Bestanddele:

  • ½ koppie koeskoes
  • ½ koppie water, gekook
  • grasuie
  • sout en peper
  • druiwe
  • tjoppies, dun gesny
  • olyfolie
  • basiliekruid-pesto
  • blatjang

 

Metode:

  1. Maak die koeskoes gaar deur water daarin te gooi en dit vir ʼn paar minute te laat staan.
  2. Snipper grasuie daarin vir geur.
  3. Gooi die druiwe in die koeskoes en roer dit deurmekaar. Geur met sout en peper.
  4. Plaas die tjoppies op ’n rooster wat bo-op ʼn oondbak geplaas is.
  5. Gooi olie oor die tjoppies en bak vir ongeveer 20 minute, of tot gaar.
  6. Terwyl die tjoppies in die oond is, dop die koeskoes-en-druiwemengsel uit op ʼn bord. (Sien video)
  7. Wanneer die tjoppies gaar is, smeer basiliekruid-pesto en blatjang oor en pak dit om die koeskoes-hopie.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.