Soorte resepte:

Resep: Kerriebredie met beesvleis en aartappels

Kerriebredie (Foto: NB Uitgewers)

’n Heerlike maklike kerriebredie vir ’n vinnige aandete.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • olie vir braai
  • 1 kg beesvleisblokkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 3 uie, gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 10 ml kerriepoeier
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml borrie
  • 2,5 ml droë gemengde kruie
  • knippie fyn koljander
  • knippie fyn gemmer
  • knippie fyn kaneel
  • knippie rooipeper
  • 1 kaneelstokkie
  • 1 lourierblaar
  • 375 ml hoenderaftreksel
  • 45 ml rooiwynasyn
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 45 ml suiker
  • 45 ml blatjang
  • 4 aartappels, geskil en in groot blokke gesny

Metode

  1. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis bietjies-bietjies daarin tot bruin. Skep dit dan uit en geur met sout en peper na smaak.
  2. Voeg nog olie in die kastrol indien nodig en soteer die uie en knoffel daarin tot sag. Voeg die soetrissie en speserye by en soteer nog 2 minute.
  3. Plaas die vleis terug in die kastrol. Voeg die aftreksel, asyn en tamaties by, sit die deksel op en laat prut stadig vir 1½ uur.
  4. Voeg die suiker, blatjang en aartappels by.
  5. Laat prut nog 20 minute of tot aartappels sag is. Geur met nog sout en peper indien nodig.

 

Bron: Lekker en Vinnig: Kerries

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dawie ·

Is makliker om die aartappels apart sag te kook en net voor jy opskep by te voeg. Aartappels kan partykeer te lank vat om sag te kook in ‘n bredie maar, hulle kook vinnig in skoon water.

Gawie ·

Is die hele idieë nie dat die aartappels in die kerrie moet kook om die geure in te trek nie?

Expat ·

Ook baie lekker as jy die beesvleis met kangaroo vervang. Kook net bietjie langer om die kangaroo sag te kry, heerlik en geurig! Ideale dis om op ‘n stadige kampvuur te maak.

AP ·

Ek hou ook van ‘n aartappel wat gaar is in bredies, maar ondervind dieselfde probleem veral met tamatiebredie en Kerrie ek kook dit vroegtydig tot amper gaan en roer dit in die bredie of kerrie tot dit opgedien word, dan het daar genoeg sous ingetrek.

humor ·

Ag nee man soveel bestandele. Ek dink as jy daarvan sou uitlaat sal daar nie n verskil in smaak wees nie. Neewat ek wil darem ook agterkom dat daar vleis in is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.