Soorte resepte:

Mej. SA-finalis deel gourmet-worsrolresep

Chantelle Pretorius (Foto: Verskaf)

Vandag is internasionale worsrolletjiedag! Of jy dit nou verkies met ʼn rooiworsie en mosterd of met boerewors en tamatiesmoor – dit is beslis ʼn kitskosgereg wat deel is van baie mense se grootwordjare.

Chantelle Pretorius, ʼn Mej. Suid-Afrika-finalis en internasionale model van Pretoria, sê ʼn lekker boereworsrol is iets waarna sy altyd terug verlang as sy oorsee werk.

“Ek kon nie ʼn worsrol vind wat kan kers vashou vir ʼn klassieke Suid-Afrikaanse boereworsrol nie,” sê sy.

Pretorius sê sy geniet ʼn tradisionele boerie met mosterd en tamatiesous, maar dat sy ook onlangs ʼn gourmet weergawe van haar gunsteling-kitskos ontdek het.

Dié weergawe word afgerond met geroosterde kersietamatiesmoor, gekrummelde fetakaas, basielkruid, heelkorrel mosterd en dennepitte.

“Dis werklik heerlik en dit kan ʼn gewone boerie van gewoon tot asemrowend omskep,” sê sy.

Maak Pretorius se gourmet boerie só :

Bestanddele

  • 350 g kersietamaties
  • 2 knoffelhuisies, dun gesny
  • 1 skyf fetakaas, gekrummel
  • olyfolie
  • gerookte paprika
  • sout
  • 5 takkies vars tiemie
  • vars basielkruidblare
  • heelkorrel mosterd
  • dennepitte, gekap

Bestanddele

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Plaas die tamaties, knoffel en fetakaas op ʼn oondplaat en gooi ʼn bietjie olyfolie oor.
  3. Sprinkel gerookte paprika en sout oor en voeg tiemie by.
  4. Rooster vir 15 minute of tot die fetakaas goed gekaramelliseer is en die tamatie se velle begin rooster.
  5. Skep lepels vol van die smoor of jou boereworsrol saam met ʼn paar vars basielkruidblare. Smeer ook mosterd oor en sprinkel met dennepitte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.