Soorte resepte:

PappaChef se sampioen-en-brandewynsous

(Foto: Pappachef/Verskaf)

Dit is jagseisoen en daar is niks so lekker as om ʼn heerlike wildsnit met hierdie bederf van ʼn sous te bedien nie. Boonop is dit net betyds vir Vadersdag!

Hierdie sous gaan heerlik saam met ʼn koedoe-filet.

Romerige sampioen-en-brandewynsous

Bestanddele:

  • 50 g botter
  • 100 g bruin sampioene, gesny
  • 20 g gesnyde rooi uie
  • 25 ml brandewyn
  • 250 ml room
  • 5 g beesaftrekselpoeier
  • 100 g bloukaas
  • Sout en peper na smaak

(Foto: Pappachef/Verskaf)

Metode:

  1. Smelt botter in mediumgrootte pot en roerbraai die uie en sampioene in die botter tot sag.
  2. Voeg die brandewyn by en gee een minuut dat die alkohol weg prut.
  3. Voeg die room, beesaftrekselpoeier en bloukaas by.
  4. Prut vir ongeveer vyf minute tot die room afgekook en dik is.
  5. Gooi die sous oor ʼn vars gebraaide stuk koedoe-filet. Garneer met kraakvars peper en sout na smaak, asook ʼn bietjie ekstra bloukaas as jy hou van dié smaak.

Bedien die koedoe-filet met romerige kapokaartappels en ʼn soet groente vir die lekkerste winterdag en ʼn heerlike Vadersdagbederf.

  • Hierdie resep is verskaf deur Pieter Malan, beter bekend as die PappaChef. Besoek sy webwerf vir nog smaaklike resepte. Volg PappaChef ook op Facebook, YouTube en Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Vir die wat nie brandewyn kan kry nie of nie van dit hou nie of geheelonthouers is, gebruik druiwesap of vrugtesap van jou keuse vir ‘n spesiale smaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.