Bestanddele:
6 middelslag aartappels gekook en skil afgetrek
250 g spekvleis in stukkies gesny
2 groot uie fyngekap
3 groot tamaties fyngekap
1 k room effens geklop
1½ k gerasperde cheddarkaas
Metode:
1. Braai spekvleis, uie en tamaties tot gaar.
2. Sny aartappels in skywe en voer vuurvaste bak met laag aartappels.
3. Voeg lagie van bredie oor aartappels, dan lagie kaas.
4. Weer eens laag aartappels met oorblywende bredie en kaas.
5. Gooi room egalig oor en bak in oond van 180°C tot kaas en room deurgebak is.
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636